Betsie Verwoerd

Betsie Verwoerd
Betsie Verwoerd in die tyd toe sy premiersvrou was
Haar Edele Betsie Verwoerd, premiersvrou
Gebore
Elizabeth Schoombee

17 Mei 1901
Sterf29 Februarie 2000
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
BeroepOpgeleide onderwyseres
VoorgangerSusan Strijdom
OpvolgerTini Vorster
Politieke partyNasionale Party
EggenootDr. Hendrik Verwoerd
KindersSeuns: Wilhelm, Daniël, Christiaan, Hendrik en Wynand. Dogters: Anna en Elsabet
Ouer(s)Wynand Schoombee en Anna Francina Susanna Naudé

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Elizabeth (Betsie) Verwoerd (gebore Schoombee, Middelburg, Kaapkolonie, 17 Mei 1901Orania, Noord-Kaap, Suid-Afrika, 29 Februarie 2000) was die vrou van Suid-Afrika se sesde eerste minister, dr. Hendrik Verwoerd.

Volgens Annatjie Boshoff het sy haar lewe toegewy aan haar gesin. "Sy het haar man liefdevol en getrou bygestaan en was ‘n merkwaardige voorbeeld van kalmte te midde van die grootste droefheid. Sy het oorwin, weer opgestaan om voort te bou en te inspireer."[1]

Betsie Verwoerd, wat oorlede is in die ouderdom van 98, het drie ander premiersvroue (daar was altesaam agt tussen 1910 en 1983) uit die ou Suid-Afrikaanse bedeling oorleef en was een van vier wat tussen 1997 en September 2000 oorlede is. Maria Malan is op 19 Oktober 1973 oorlede, Susan Strijdom op 20 Februarie 1999 en Elize Botha op 6 Junie 1997. Verwoerd het net sewe maande voor haar man se opvolger, John Vorster, se weduwee, Tini Vorster (oorlede 14 September 2000), gesterf. Annie Botha is reeds op 21 Mei 1937 oorlede,[2] Wilhelmina Hertzog op 4 April 1942[3] en Issie Smuts op 25 Februarie 1954.[4]

  1. (af) Dr. en mev. H.F. Verwoerd - vollediger geskiedenis. URL besoek op 21 Augustus 2016.
  2. (en) Haar genealogiese besonderhede op geni.com. URL besoek op 21 Augustus 2016.
  3. (en) (af) Haar grafsteen op eggsa.org. URL besoek op 21 Augustus 2016.
  4. (en) (af) Haar en haar man se grafsteen op geni.org. URL besoek op 21 Augustus 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search